Omgee‎ > ‎

Olievenhoutbosch Christelike Forum

Die volgende kerke is betrokke by die OCF (Olievenhoutbosch Christelike Forum):
  • Gereformeerde kerke van Midrand, Olievenhoutbosch, Rooihuiskraal, Rietvallei, Wierdapark
  • Westview Methodist church  
Die volgende is die lede van die OCF:
  • Voorsitter: Ds Awie Verhoef
  • Sekretaresse: Sue Pottas
  • Ad-Hoc Lede:  Asnath Teffo & Patrick Noge
  • Lede van verskillende organisasies verbonde aan Olievenhoutbosch gemeenskap
  • Lidmate van die verskillende gemeentes
 
Die OCF bestaan uit die volgende ses organisasies:
 
1.  KING'S HOPE TEHUIS
 
Kings Hope is ‘n tehuis vir Vigs slagoffers.  Die Uitvoerende Bestuurder is Magdel Williams.  Die tehuis bied fisiese versorging, geestelike en sosiale berading, ondersteuning en toetsing.  Kings Hope kan slegs 8 permanente pasiente akkommodeer, maar is behulpsaam met meer as 40 ander Vigs-lyers in die Olievenhoutbosch gemeenskap.  Die tehuis ontvang ‘n sosiale subsidie van die staat.  Hulle spog met ‘n groentetuin wat bewerk en in stand gehou word deur die Vigs pasiente, in ruil vir kospakkies.  Hier volg 6 foto's van die King's Hope tehuis:   
 
2.  HOUSE OF SAFETY (Bybelskool, Opleidingsprogram, Internet Kafee)
 
Die Direkteur is Asnath Teffo.  Die Place of Safety bied behuising vir weeskinders (seuns en dogters) sowel as kinders wat tuis mishandel word.  Op die terrein is daar fasiliteite om funksies te hou sowel as onderrig aan te bied.  Elke Dinsdag word daar bybelonderrig aangebied.  Daar is ook nou 'n Hulpbron Sentrum begin met onder meer die Internet Kafee, Opleiding- en Aanbiedings-inisiatiewe wat die gemeenskap kan verbeter.  Hier volg 3 foto's van die Place of Safety:    
 

HOUSE OF SAFETY: BESOEK AAN LORY PARK (2012)

 

Die 1ste Desember 2012 is daar 30 kinders van die "House of Safety" en Gereformeerde Kerk van Olienvenhoutbosch genooi na Lory Park Dieretuin in Midrand vir "Night at the Zoo". Die kinders is in groepe van 10 gedeel en is deur Lory Park se personeel deur die dieretuin geneem waar hulle vir die kinders vertel het van al die diere en hulle gewoontes. Daarna het elke kind 'n lekker warmbrak en koeldrank ontvang om te eet asook lekkergoed. Hulle het ook elkeen ‘n geskenk vir kersfees gekry wat deur Makro geborg is - daar was 'n t-hemp, 'n sagte speeding en opvoedkundige speelgoed in elke geskenk. Toe het 'n dame die kinders getrakteer met tromme. Elkeen het 'n trom gekry en sy het vir hulle 'n storie vertel en hulle moes haar met die tromme na-aap. Die kinders se gesiggies het geblink van lekkerte. Daarna is die diere uitgebring en kon die kinders aan die diere vat - 'n albino luislang, skilpadjies en die hoogtepunt was die klein Bengaalse tiertjie. Die aand is afgesluit met heerlike roomys. Baie dankie aan almal wat betrokke was by die reëlings om hierdie kinders heerlik te bederf! Marina du Plessis was die kontak by Lory Park en Paula Smit het gehelp om vervoer ens. te reël. Dit klink of die kinders baie geleer en dit baie geniet het!

 
 
3.  DIMPHONYANA CRÈCHE
 
Die crèche bied onderrig aan vir ongeveer 45 kinders.  Die crèche en Place of Safety deel dieselfde gronde.  Daar is twee voltydse onderwysers sowel as vrywilligers vanuit die gemeenskap.  Hier volg 1 foto van die Dimphonyana crèche:
 

SKOENBOKSPROJEK 2012

 

Saam met die Gereformeerde Kerk Rooihuiskraal het ons gemeente medewerkers gevra om skoenbokse mooi oor te trek en vol te pak met allerlei geskenke – van seep en tandepasta tot klere, lekkers, speelgoed en skoolbenodighede. Ons het vir elke kind in die “Dimphonyana” - kleuterskool en ook by die "House of Safety" in Olievenhoutbosch 'n volledige skoenboksgeskenk kon gee. Elke kind se boks is met oorgawe en baie liefde saamgestel volgens elke individu se ouderdom en geslag. Elke boks het die kind se naam op gehad om die geskenk meer persoonlik te maak. Wat 'n suksesvolle projek danksy die ope harte van ons gemeentelede! In totaal is meer as 70 bokse opgemaak en die kinders het elkeen die voorreg gehad om 'n nuwe kledingstuk en 'n vars tandeborsel van sy/haar eie te kon ontvang. Verder is nog geskenkpakke vir elke bejaarde in die “Badirammogo” - ouetehuis, sowel as vir elke personeellid van al drie bogenoemde instansies opgemaak. Dankie vir elkeen wat op welke wyse bygedra het tot hierdie projek (organisasie, vervoer, skenkings, aankope ens.).

  

     

4.  BADIRAMMOGO OUETEHUIS
 
Badirammogo ouetehuis is gebaseer in Olievenhoutbosch.  Daar is ongeveer 11 permanente inwoners.  Elke Donderdag word bybelonderrig aangebied.  Verskillende gemeentes voorsien kos vir ongeveer 40 persone op Maandae en Donderdae.  Die ouetehuis het ook hul eie groentetuin wat deur lede van die gemeenskap in stand gehou word.  Daar is ook nou begin met ‘n winkel om fondse in te samel vir salarisse en kos.  Hier volg 2 foto's van die Badirammogo ouetehuis:
 
5.  SPRUIT NURSERY
 
6.  KIDS MILESTONE SCHOOL