Vir u gerief stel ons oudio weergawes beskikbaar van vorige preke gelewer deur Ds Peet van den Berg. Indien u enige spesifieke navrae oor die preke het, kontak hom gerus met u navraag, by 083 442 1622.
As u op die skakel hier onder kliek, sal dit u toegang gee tot Dropbox, waar u 'n lys van preke sal sien waarna u kan luister. Die formaat daarvan is mp3. U is welkom om dit op u rekenaar af te laai of direk daarna te luister deur op die relevante preek te kliek. Die beskrywende naam van die preek sal u help om te besluit na watter preek u wil luister. Hou in gedagte dat, hoe groter die lêer, hoe langer gaan dit neem om af te laai. Ons hoop dat u die besonderse preke van Ds Peet net so baie soos ons sal waardeer en ook in u eie lewe die baie waardevolle toepassing daarvan sal ervaar.
Kopiereg Klousule: Alle materiaal in
hierdie afdeling is, tensy anders vermeld, die eiendom van Peet
van den Berg. Kopiereg en ander intellektuele eiendomswette beskerm hierdie materiaal. Reproduksie of herverdeling van die materiaal, in die geheel of gedeeltelik, op enige wyse, sonder die voorafverkreë skriftelike
toestemming van die kopiereghouer, is 'n skending van kopiereg.
'n Enkele kopie
van die materiaal wat deur middel van hierdie afdeling beskikbaar gestel word, mag gemaak
of afgelaai word, slegs vir
persoonlike, nie-kommersiële gebruik. Individue moet enige kopiereg
en/of ander kennisgewings soos vervat in, of wat
verband hou met hierdie materiaal, nakom en bewaar. Gebruikers
mag nie sodanige eksemplare aan ander versprei nie, nie in elektroniese
formaat of enige ander vorm nie,
vir geen geldelike of enige ander vergoeding nie, of sonder die voorafverkreë skriftelike toestemming van
die kopiereghouer van die materiaal nie. Toestemming tot reproduksie, herverdeling of verspreiding
van die materiaal wat hier beskikbaar gemaak
word, moet verkry word van peetvdb@gmail.com.
|